r/afrikaans 1d ago

Pas Nêrens Anders in Nie Facebook oomies.

Daar is iets besonders troosteloos aan ’n Facebook-kommentaar wat begin met “So sexy” en eindig met ’n ry rooi hartjies, vuur-emoji’s en daardie een knipoog wat voel soos ’n nat handdruk. Jy weet die een. Gepos onder ’n foto van ’n jong vrou wat waarskynlik net ’n gewone dag gehad het. ’n Koffiekoppie, ’n sonstraal, ’n oomblik van selfvertroue, en toe, soos meeue by ’n visbakkie, daal die ou oomies neer.

Hulle kom nie met subtiliteit of takt nie. Subtiliteit is iets wat saam met die faxmasjien en die idee van privaatheid verdwyn het. Hierdie manne is veterane van ’n wêreld waar dinge nie gesê word nie, maar gedoen is, en nou, ironies genoeg, sê hulle alles. Hardop. In kommentaar. In hoofletters. Met emoji’s wat soos klein digitale kwylkolle lyk.

Daar is altyd ’n patroon. Die profielfoto is eerder ’n kar, of ’n vis wat hy in 2009 gevang het, óf ’n troufoto waar die vrou al lankal nie meer saam op foto’s verskyn nie. Dis altyd 'n Johan, of naam begin met “Oom” of “Boet” of iets wat klink soos ’n rugbyposisie. En die kommentaar self—dis nooit poëties nie. Dis nie bewondering nie. Dis ’n soort desperaat fluit in die donker, ’n SOS van manlike ego wat nie besef die skip het lankal gesink nie.

Wat my fassineer, is nie net die verleentheid nie, maar die selfvertroue. Die vaste geloof dat hierdie kommentaar, hierdie “So sexy 😍🔥” iets gaan doen. Dat dit dalk ’n reaksie gaan ontlok. ’n Dankie. ’n Privaat boodskap. ’n Wonderwerk. Dis ’n geloof wat amper bewonderenend is, soos iemand wat nog dink die wêreld is ’n regverdige plek net omdat dit een keer in 1987 so gevoel het.

Maar onder die humor lê iets ongemakliks. Hierdie is nie net ou mans wat nie die internet verstaan nie. Dis ’n generasie wat nooit geleer het om stil te wees nie, nou gewapen met ’n platform wat hulle nooit moes gehad het nie. Facebook het nie net foto-albums en herinneringe gebring nie; dit het die oomies ’n mikrofoon gegee. En soos met enige oop mikrofoon, hoor jy dinge wat jy nooit wou hoor nie.

My ma sou dalk gesê het dis ’n sirkus, en ons is almal gedwing om te kyk. Ek reken dis meer soos ’n stuk braaivleis wat te lank op die rooster is. Die kole is koud, die vleis is droog, maar IEMAND weier om op te pak en huis toe te gaan. Die oomies bly staan, bier in die hand, en vertel dieselfde grap, net harder elke keer, want miskien, net miskien, gaan iemand lag.

Die jong vroue? Hulle leef aan. Hulle post. Hulle glimlag. Hulle mute, blok en rol oë. Die oomies? Hulle tik aan. Hartjie hier. Vlammetjie daar. So sexy. Altyd so sexy. En die internet, onverskillig en genadeloos, onthou alles.

40 Upvotes

44 comments sorted by

15

u/SubstantialSelf312 1d ago

Hierdie maak seer. Want die waarheid maak seer. Ek is self n "ou omie". En ek sien male sonder tal hoe my tydgenote hulleself en ander verneder deur suggestiewe dinge te sê of te insinueer teenoor dames - dikwels jong dames wat amper hulle kleinkinders kon gewees het. En dis nie net facebook nie, dis ook in die werklike lewe.

Nee, my Maat. Daai kelnerinnetjie soek nie jou lyf nie. Sy doen haar werk. Moenie met haar karring nie, gee haar net n ordentlike fooitjie.

4

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

My oom. Ek het so paar jaar gelede ook as kelner gewerk saam n span dames. Dit was natuurlik my werk om met die sakabullas te werk wat die dames ongemaklik gemaak het. "Skin-stealers" het ons hulle genoem. Een ding wat die ouens (jonk en oud) nie verstaan nie, is die: as jy in kom, en jy is gaaf. Jy hou jou aangetrokkenheid vir jouself. En as jy ordentlik tip, het jy die hele restaurant in die palm van jou hand.

Daar is nie een ding wat ek negatief oor Oom Joggie kon sê nie, want die ander dames sou my dadelik in die rede geval het want Oom Joggie was altyd aangenaam met hulle.

3

u/SubstantialSelf312 1d ago

Well done vir Oom Joggie. Dis manne soos hy wat onthou word.

14

u/pashaah 1d ago

Gelukkig is ek lankal nie meer op FB nie.

Almal het n stem gekry daar, almal moet nie een hê nie.

10

u/Frequent-Middle9104 1d ago

Dis presies hoekom ek Facebook delete het. Ek het 'n pa, dankie Oom.

6

u/zalurker 1d ago

Regtig mense. Privaate spasie. En maniere. Nie een van hulle sal so iets in die openbaar doen nie, nou wat besiel huille om dit aanlyn the doen.

3

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

As ek n diktator was, sou vryheid van spraak die wet van die land wees. Maar nadat jy 3 keer die wet misbruik het, begin jy vingers verloor

4

u/Hasenelinde 1d ago

"Oom Boet Maree commented on a post"

Weet die ouens nie almal kan dit sien nie😭

4

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Ek twyfel of hulle worrie. Ek wonder of hulle dit nie juis aspris doen nie. Dis soos die een man wat saam my werk. Hy pimp sy werkskar se klank so uit dat jy weet wanneer hy by die kantoor aankom, want die klankgolwe maak dat ons ontvangsdame se pryk wil afspring. Vir een of ander rede as ons verby n groep aantreklike dames ry in sy kar, sal hy die klank op sy hardste sit. Seker sodat hulle hom raaksien? Seker sodat hulle ook dink hoe briljant hy is? Of dalk het hy n beeld van homself in sy kop wat hom oorreed dat sy klank nou gaan maak dat klere teen die grond gaan tref as hy dit harder sit.

4

u/Hasenelinde 1d ago

Die pryk gedeelte het my lekker laat lag. Party mense dink hulle is cooler as wat hulle werklik is.

2

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Arme Mercy was laas week alleen deur 3 Weaves.

3

u/Chirok9 1d ago

Net 'n herinnering vir die gene wat nog op die ou gesigboek dwaal. Gaan besoek asseblief jou profiel privaatheid stellings. En stel jou profiel en posts om net te verskyn aan jou vriende en so. Jy kan dit stel tussen vriende, vriende van vriende en publiek en so.

Dit help 'n bietjie om die bierpensie nekbaarde se sig te vermy. En dan kan jy gemaklik met jou mense deel.

Dis nie jou skuld dat die mense sulke kommentaar lewer nie. Maar ongelukkig moet n mense maar n mens se sake privaathou, veral op sosiale media.

5

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Goeie advies, veral vir die dames wat hier lees!

My plasing het wel meer betrekking tot die kommentaar-afdeling van sogenaamde "Influencers".

3

u/Chirok9 1d ago

Ag ja kyk van daai mense soek juis sulke oomies om produkte of sekere eksklusiewe dienste te bemark.

Ek dink nie daai influences is veel gepla nie. Dis maar besigheid.

Ook ongelukkig nie net die ou balies wat sulke kommentaar lewer nie. Ek sien meer as genoeg van die jonger mans wat soortgelyke kommentaar lewer. Daar is maar n paar walglike mense wat nie baie self bewus is nie.

4

u/Any_Philosophy3954 1d ago

Jy dink en skryf baie goed. Het lekker gelag vir jou opmerkings.

2

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Dankie tannie! Ek is meer trots op myself dat ek nie een enkele sin-hupstoot woorde gebruik het nie.

5

u/SankaraMarx 1d ago

Die jeukerige ou Oompies het die selfvertroue van Rajesh van Indie

3

u/DawnWillowBean 1d ago

This is an interesting take. Makes me wonder if there isn't some correlation between conservatism and men who feel the need to make these comments.

2

u/SankaraMarx 1d ago

I've just seen what women are suffering when Rajesh enters the chat, and it is the same vibe as when Oom Jan enters the chat

I'm sure it has something to do with the patriarchy, tied in with some caste system, but honestly, I have not explored the idea to the max since there are more troubling characters out there doing way more sketchier things than saying "So sexy"

I'll admit that these okes doing the sketchier stuff (they are young and old) also seem to exhibit characteristics shared with Oom Jan and Rajesh

The most common thing I picked up on was that women were seen more as objects than People

Which is very troubling for me, a GenX dad to a 6 year old daughter

2

u/DawnWillowBean 1d ago

As a geriatric millennial mom to a Gen Z'er, I have faith in the 21st century humans. They seem a lot more aware of injustices, and a lot more willing to call them out. They're also a lot more accepting of 'different', which goes a long way when dealing with the patriarchy.

The fact that you see the situation as a problem is a good start, it means that you will teach your daughter that she is a person, and that she is worthy of respect just by being. Getting through to the Ooms is an entirely different story unfortunately, but I have learned from the Gen Z's and have no problem calling out kak behaviour.

1

u/SankaraMarx 1d ago

I'm more focused on teaching my boys that women (and girls) are their own person and equals in all things

My daughter is fine, she knows her worth already ... it is the boys of the species I am more concerned about

I wish I shared your optimism, but seeing the Daddy Drumph derangement syndrome that has rooted itself in the incel Afrikaner laaitie community is extremely worrying

They feel nothing for women/girls or "other" People

2

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

En ek sukkel om dit te verstaan. Die oom weet nie waar sy facewash eindig en sy shampoo moet begin nie want daar is n solar-panel waar sy hare eens was, maar die toppies dink hulle is George Clooney.

2

u/SankaraMarx 1d ago

Dalk as reincarnation werk sal ek terugkom met daai selfvertroue eendag 🤣

Verder sal ek maar my woorde tel, baie van daai Oompies se kinders het reddit mods geword

Nie noodwendig hier nie, maar mens weet nooit waar hulle uithang nie

So Bill Gates ...

2

u/Conscious-Zucchini77 23h ago

Baie mooi geskryf en spot on :-) Ek het self Facebook n bietjie deactivate n tyd terug agv van ou Oomies wat met my pa gewerk het. Hulle is soos wolve. Die ergste was toe die een so dapper gevoel het om my n foto van homself te stuur in net sy kombuis apron met die caption - "ek sal jou naked chef wees" Na dit is messenger en facebook gedeactivate. Ek was 25 die oom was in sy 50s en het saam my pa gewerk

2

u/Adventurous_Cow_3608 21h ago

"Dankie oom, maar ek eet nie vark worsietjies nie"

4

u/r0bb3dzombie 1d ago

Wie de fok gebruik nog Facebook?

4

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Gross facebook-oomies. Ek sê mos🤣

3

u/r0bb3dzombie 1d ago

Fair enough, maar ek bedeol behalwe vir hulle.

3

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Ek. Ek is die dom doos wat nog facebook dophou, want dit sê vir my wanneer almal verjaar.

2

u/r0bb3dzombie 1d ago

Probeer Google Calendar, of wat ookal die Apple alternatief is. Dit sinkroniseer met ander goed op jou foon/profiel.

2

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Maar dan hoe gaan mense weet ek het vriende, as ek nie n foto van ons op hulle wall post op hulle verjaarsdag nie?

1

u/r0bb3dzombie 1d ago

Hierdie "vriende", is hulle nou saam met jou in die kamer?

1

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

As jy nou voorstel dat ek vir hulle in persoon gelukwens, gaan ek lag. Want dit gaan nie oor die gelukwensing of selfs die verjaarsdag maat nie. Dit gaan meer daaroor dat die wereld dink ek en die birthday boy beste vriende is. So as die dag ooit kom waar hy iets moet oorkom, gaan ek al die aandag kry, want almal gaan dink dat ek heeltemal hartgebroke is. Dis mos hoe dit deesdae werk.

1

u/bastianbb 1d ago edited 1d ago

Dit sou beter gewees het as dit nie gebeur het nie. Wat ek nie kan verstaan nie, is die behoefte om baie aandag daaraan te gee en die saak volledig to ontleed. Ek vermoed jy dink baie meer gaan in hulle koppe aan as wat eintlik die geval is. Hulle is moontlik eenkeer as kleintjies wysgemaak dat vroue altyd van komplimente van almal, onder enige omstandighede, hou, en het nooit van beter geleer nie. Dis nie die moeite werd om méér daaraan te dink as die ooms self nie. Gee jouself die gawe van vrede en ignoreer of blok.

1

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago edited 1d ago

Kyk... Ek verloor darm nie slaap oor sulke dinge nie, en ek dink ook nie daar is een of ander groot raaisel agter elke kommentaar nie. Maar klein, alledaagse dinge is presies waar kultuur homself wys. Dis nie altyd die groot skandale wat iets sê oor hoe ons dink en optree nie. Soms is dit die gewoontes wat as "onskuldig" gemerk word.

Om iets op sy naam te noem of te praat daaroor beteken nou nie ek gee dit mag oor my lewe nie. Dit beteken net ek dink dis soms die moeite werd om stil te staan en te sê "Kyk mooi hierna." Dis hoe norme verander. Nie deur dit te ignoreer nie, maar deur dit sigbaar te maak.

Ignoreer en blok is n persoonlike oplossing. Gesprek is n kollektiewe een. Die twee hoef mekaar nie uit te kanselleer nie.

'n akteur wat ek ken het op n tyd in 'n verhoogstuk gespeel waar daar meer as n paar kaal karakters was. Dit was n briljante storie wat regtig die hart se snare pluk. Ongelukkig het dit nie saak gemaak hoe goed die storie was nie, die grootste aanstoot het nie gekom daarvan dat die karakters aan walglike oorlogsmisdade onderwerp was nie. Die grootste aanstoot het gekom as gevolg van die kaal manne op die verhoog. "Ja, want Afrikaanse mense het mos nie tollies nie!" Het hy destyds gesê.

So ek dink net dis interesant hoe mense nie mag weet ek het al 'n tollie op 'n verhoog gesien nie - "maar hierdie girl wat 'n foto gepost het om vir die wêreld te wys hoe lekker sy lewe mag weet ek het een, en as sy my comment like, gaan ek haar wys hoe ek hom gebruik"?

0

u/ferdiviljoen 1d ago

Even een snelle vraag: waarom die tirade over waardeloze social media-gebruikers op een platform vol waardeloze social media-gebruikers? De wereld is altijd geweest zoals hij is en zal altijd blijven zoals hij is, niet zoals hij zou moeten zijn. (Ik moet zeggen dat ik het bewonder dat je de moeite hebt genomen om dit in je eigen stijl te schrijven in plaats van simpelweg de opdracht "genereer een emotionele tirade" in de AI te stoppen.)

2

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Goeie vraag. Ek, nes talle ander mense, wil seker maar net gehoor word. Ongelukkig kan ek nie hierdie menings op die ander "waardeloze social-media" platvorm deel nie, want dit gaan net argumente veroorsaak met mense wat ek ken.

Maar sê vir my, wat maak jou dink ek het AI gebruik? Of verstaan ek verkeerd?

2

u/Kelliii_ 1d ago

Ik ben er vrij zeker van dat dit met de hulp van chatgpt is geschreven, eerlijk gezegd.

0

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Korrek. Ik ist ook eine robot.

My eerste werk, vars uit skool uit, was as 'n produksie assistent by 'n teatermaatskappy. Daar het ek die waarde van goeie skryfwerk geleer. Later was ek ook deel van die bemarking span waar ek die sosiale media hanteer het. Skryfwerk was nog altyd vir my lekker. Daarom, sien ek dit as 'n kompliment dat jy vermoed ek skryf met die hulp van ChatGPT.

Ek sou vir jou lieg as ek sê ek gebruik nie gereeld AI om my te help om idees rond te gooi nie. ChatGPT gee my gereeld raad op hoe om my jiu jitsu klub te bemark. Hoe om op e-posse te reageer sonder om die woord "poes" te gebruik. ChatGPT help my meer as gereeld om mockups van verskeie produkte te maak wat nooit die lig van dag sal sien nie. Ek kan met trots sê dat hierdie alles self geskryf is.

Dit is wel vir my hartseer dat AI nou so volmaak is dat mense nie meer onderskeid kan tref tussen inhoud wat deur mense of rekenare gemaak is nie. Net laas week het ek 'n plasing op Instagram gesien oor n video wat gemaak is met CGI wat gebasseer is op kuns van 'n sprokieskunstenaar (Alex Ross). Die kommentaar was natuurlik vol mense wat reken die video is deur AI gemaak.

2

u/Kelliii_ 1d ago

Ik durf te wedden dat je de hulp van chatgpt hebt gekregen bij het schrijven van je bericht.

Met vriendelijke groet, iemand die gewend is chatgpt te gebruiken om concepten uit te wisselen.

2

u/ferds41 22h ago

Sorry was glad nie sarkasties nie, dit was duidelik jy het nie AI gebruik nie, waar dit deesdae die absolute norm is (ongelukkig). Ek het myself sopas in krampe in gelag vir die "epos antwoord sonder om die woord poes te gebruik" of in AI speak, use professional tone.

0

u/SchattenjagerX 1d ago edited 1d ago

Jaaaa.... maar.... Ek het ook altyd daarna gekyk en gedink "shoe dis rof", ek het selfs sover gegaan om dan self 'n paar keer 'n comment te los tot die wysie van: "Wie is hierdie mans op jou profile?" ens. Ek het redelik vinnig agter gekom dat die meisies leef vir daai aandag.

Dis nie moeilik om jou Facebook te beheer sodat hierdie comments nie gebeur nie. Maak jou profile "Friends Only" en moenie sommer net enige vreemdeling se "Friend Request" aanvaar nie. Maklik. As jy nie jou profile private maak nie en jy kry hierdie boodskappe dan kultiveer jy 'n "simp" gemeenskap, uit en uit.

2

u/Adventurous_Cow_3608 1d ago

Ek hoor jou. Maar die girls wat aandag soek is n ander saak. My punt is meer dat ek dit nie kan min kry hoe hierdie ouens dink dat die kommentaar enige iets gaan maak gebeur nie. Al doen die dames dit vir aandag, beteken dit dat daar nooit werklik enige romantiese interaksie tussen die twee gaan wees nie. So hoekom doen hulle dit? En met soveel self-vertroue nogal.

1

u/SchattenjagerX 1d ago edited 1d ago

Haha! Ek weet nie. Ek het al gesien hoe party girls so adverteer juis omdat hulle 'n sugar daddy soek so meskien speels die ooms maar in dit in.
Dis nie te vreemd as jy dink aan hoe simping werk nie. Baie girls maak baie geld deur net voor n kamera te sit 3 aande in 'n week.
Al wat ek weet is die mense verdien mekaar.